Skooldrag

SKOOLDRAG

DOGTERS: SOMERSDRAG

  • Skoolrok van wit en blou geruite materiaal waarvan die soom 5-7cm bokant die knie is.
  • Swart skoene met plat hakke en kort, wit kouse.
  • Blou skooltrui met n V-nek. Nie n navy trui nie.
  • Skoolbaadjie met skoolwapen op bors geborduur
  • Koningsblou oortrektrui nie navy nie.
  • Blou skool-windbrekerbaadjie met geel EP daarop geborduur
  • Blou kort ski-pants kan onder skoolrok gedra word. Die ski-pants moet koningsblou wees. Geen navy ski-pants nie.

DOGTERS: WINTERSDRAG
GRAAD 1 3:

  • Koningsblou skoollangbroek of rompie

GRAAD 4 5:

  • Koningsblou skoollangbroek of Koningsblou romp met ligblou hemp.

GRAAD 6 7:

  • Koningsblou skoollangbroek of romp met ligblou skoolhemp.

GRAAD 1 7:

  • Ligblou skoolhemp
  • Skooltrui met n V-nek.
  • Skoolbaadjie met wapen op bors geborduur
  • Blou windbrekerbaadjie met geel EP daarop geborduur
  • Blou skool-windbrekerbaadjie by verskaffers beskikbaar.
  • Swart skoene met plat hakke.
  • By romp word blou langkouse of Constantia Blou broekiekouse gedra.
  • Das (opsioneel)
  • Blou Fleezie top met EP daarop geborduur

SEUNS: SOMERSDRAG

  • Grys kortbroek.
  • Blou skoolhemp met kort moue.
  • Swart toerygskoene met lang, grys kouse.
  • Skooltrui met V-nek.
  • Skoolbaadjie met skoolwapen op bors geborduur
  • Blou skool-windbrekerbaadjie met geel EP daarop geborduur

SEUNS: WINTERSDRAG

  • Grys skoollangbroek of kortbroek.
  • Blou skoolhemp met lang- of kortmoue.
  • Skooltrui met V-nek.
  • Skoolbaadjie met skoolwapen op geborduur
  • Blou skoolwindbrekerbaadjie met geel EP daarop geborduur
  • Swart toerygskoene met grys skoolkouse.
  • Das (opsioneel).
  • Blou Fleezie top met EP daarop geborduur.

ALGEMEEN

  • Die meng van skooldrag sal nie toegelaat word nie (bv. die dra van privaatklere saam met skoolklere).
  • n Sportsweetpakbaadjie mag nie saam met gewone skooldrag gedra word nie.
  • Geen ander windbreker behalwe di van die skool mag gedra word nie.
  • Tydens uitstappies en sportbyeenkomste moet volledige skool- en of sportdrag gedra word.
  • Provinsiale sportbaadjies mag slegs op Maandae gedra word.
  • Erekleure mag slegs op die formele skoolbaadjie vasgewerk word.
  • Die voorgeskrewe skooldrag word te alle tye gedra.
  • Indien n seun n grys langbroek dra, moet hy n belt of lyfgordel dra.
  • Netheid is n vereiste wanneer leerders skooldrag dra, binne en buite skoolure en op alle terreine.

SPORTDRAG

  • n Skoolsweetpak mag gedra word op dae wat leerder in die middag n skoolsport beoefen of met ligawedstryde.
  • Alle sportsoorte het dieselfde sportdrag.
  • Atlete kan kort of knielengte rekbroeke (skipants) dra onder atletiekbroek, of onder rompe maar nie alleen nie. Dit moet koningsblou wees.