Mini-Netbal

Wat is Lolliepop Netbal?

  • 8 speelsters in ‘n span
  • Speelsters ruil posisies na elke helfte
  • Elkeen kry geleentheid om Lollipop–dolla te wees ( voorheen tellinghouer )
  • Lolliepop–dolla gee aan elke einde van helfte ‘n suigstokkie aan die beste speelster in die opponerende span
  • Geen telling word gehou en daar word gekonsentreer op genot en die ontwikkeling van basiese vaardighede


Visie

Ons gee aandag  aan die volgende aspekte van die ontwikkeling van die kind en die spel netbal:
 

  • Vaardighede soos hand– oogkoördinasie, voetwerk en liggaamsbeheer
  • Tegnieke van aanvallende en verdedigende  spel
  • Fiksheid en uithouvermoë
  • Spelpatrone op die baan
  • Ontwikkeling van selfvertroue en sosialisering (spansport)
  • Vinnige en kreatiewe denke (vinnige besluite op die baan)

Organiseerder

Me. A Smit
 

Kontakbesonderhede

012  - 3451031
asmit@lardies.co.za
 

Spanne

  • 0/7 geen spesifikasie 
  • 0/8 A en B ens.
  • 0/9 A, B ens.
  • 0/8 en 0/9 spanne – Mini - netbal Feesdae op geselekteerde Donderdae  (Speel Lollipop Netbal)
  • 0/7 – twee mini netbaldae

Mag ek netbal en hokkie speel of moet ek kies? Oefentye word gekorreleer en hokkiewedstryde vind in die derde kwartaal op Saterdae plaas. Netbal se mini–netbaldae vind in die tweede kwartaal en hoofsaaklik in die week plaas. Dogters kan dus albei doen en hoef nie te kies nie.