Elardu-Steorra Dramaskool

Die Elardu-Steorra Dramaskool bied prettige kultuuraktiwiteite. Dit is geleë op die skoolterrein. Dit is veilig en maak dit maklik om saam met ander aktiwiteite in die middae in te pas. Die Dramaskool is suiwer opvoedkundig en is gegrondves op die onderrig van drie pilare (sien links).Mariza Claassen is die nuwe eienaar van Elardu-Steorra Dramaskool. Elardu-Steorra Dramaskool is deur Louise Lachenicht gestig in 1996.

Prestasies:

  • Individuele leerders verower beurse, trofeë, medaljes en sertifikate.
  • Die Dramaskool is reeds vier keer deur die Centurion Kunstefees aangewys as die “Beste ateljee in Pretoria”, sowel as twee keer by die Pretoriase Kunsvereniging.
  • Leerders verwerf Drama- of Kultuur-erekleure by die skool.
  • Oudleerders en leerders speel in Sewende Laan en TV-advertensies.
  • Ons werk by geleentheid saam met die Open Window Universiteit se filmdepartement.

 

 

Kostes:

Baie redelik en wissel vir verskillende soorte onderrig.
 

Navrae:

Indien u enige navrae het oor inskrywings vir 2020 kan u 'n e-pos stuur na Mariza Claassen by elardusteorra@gmail.com