| Welkom by Lardies !!  | Liewe Ouers en Kinders
Aan alle nuwe ouers en leerders wat vanjaar vir die eerste keer by ons ingeskakel het, ‘n spesiale woord van welkom.
Ons hoop julle skakel gou in by die Lardie-familie en dat julle eersdaags ware Lardies sal wees.
| 
| Die personeel is bekwame en hardwerkende mense wat daarna strewe om net die beste vir ons skool en leerders te gee. Dankie aan u elkeen vir julle liefde, lojaliteit en opoffering vir die nuwe jaar.
In ons strewe na gehalte onderrig en opvoeding aan al ons leerders, maak ons staat op die ondersteuning en samewerking van al ons ouers. Byvoorbaat dankie aan u elkeen vir u mooi gesindheid, samewerking, hulp en voorbidding vir hierdie jaar.
Aan ons leerders: ‘n Nuwe lewensjaar vol uitdagings en geleenthede wag op julle, maak die beste van alles. Ek nooi alle leerders om ware Lardies te wees deur hulle talente op sport- kultuur, en akademiese gebied te gebruik en te ontwikkel. Leef ons Lardie-Christelike waardes uit!
Voorspoed en sterkte aan alle Lardies vir 2012. Mag dit vir elkeen ‘n wonderlike jaar wees waarin ons naby aan ons Skepper sal leef. Ek bid dat God se hand van seën, liefde en beskerming op elkeen sal wees.
| | Herregistrasie vir 2012 | Inskrywingsvorm 2012 - Laai hier af
Nuwe skoolgelde - Laai hier af
| Gesels met ons by:
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
|
|
|
|